Lees asseblief die volgende bepalings en voorwaardes baie
versigtig deur, want jou gebruik van Sake24 se webtuiste, -dataprodukte,
-soekenjin en ander dienste is aan jou aanvaarding van en voldoening aan die
bepalings en voorwaardes (hierna die “bepalings”), asook die Gebruikersreëls
onderworpe.
1 Inleiding
1.1 Ons (Media 24 Beperk, wat deur sy afdeling Sake24
optree) is die eienaar van dié webtuiste.
1.2 Sake24.com is ’n portaal wat finansiële inligting,
rekenaars, instrumente en nuusartikels op sowel ’n gratis as
slegs-vir-intekenare-grondslag bied. Die tuiste bied ook ’n soekenjindiens,
asook verskeie sekondêre dienste, byvoorbeeld advertensie-, webjoernaal- en
kletsdienste.
1.3 Deur enige van ons dienste te gebruik, bevestig jy
dat jy die bepalings en voorwaardes wat hierin uiteengesit word, gelees het,
dit begryp en daardeur gebind word, ongeag hoe gereeld jy dié dienste gebruik.
1.4 Ons is ’n lid van:
1.4.1 die Internet Service Provider Association (“ISPA”),
waarvan die besonderhede hier gevind kan word: http://www.ispa.org.za, en ons
volg die ISPA-gedragskode, wat op
http://www.ispa.org.za/code/code_of_conduct.shtml gevind kan word; en
1.4.2 die Online Publishers Association of South Africa,
waarvan die besonderhede hier gevind kan word:
http://www.online-publishers.org.za/.
1.5 Die bepalings en voorwaardes wat op ons dienste van
toepassing is, word hieronder uiteengesit.
2 Hoe en wanneer mag ’n gebruiker die inhoud van die
webtuiste gebruik?
2.1 Ons gee jou ’n lisensie om die inhoud van hierdie
webtuiste te besigtig, te kopieer, af te laai en te druk, met die volgende
voorwaardes:
2.1.1 die inhoud word (onderworpe aan 2.2 hieronder)
slegs vir persoonlike, opvoedkundige en/of nie-kommersiële doeleindes gebruik;
en
2.1.2 enige kopie van inhoud van die Sake24 se webtuiste
sluit die volgende kopieregkennisgewing in: Sake24 ©.
2.2 Inhoud van Sake24 se webtuiste sal vir geen
kommersiële of nieprivate doeleindes sonder geskrewe vooraftoestemming gebruik
word nie.
2.3 Jy mag Sake24 se webtuiste net vir wettige doeleindes
besoek en gebruik.
2.4 Die gebruik van die inhoud van Sake24 se webtuiste in
elektroniese uitknipseldienste of persoonlike nuusdienste sal slegs toegelaat
word as sodanige elektroniese uitknipseldiens of persoonlike nuusdiens:
2.4.1 ’n kort opsomming van die artikel gee en nie die hele
artikel, soos dit op Sake24 se webtuiste verskyn, weergee nie;
2.4.2 Sake24 as die bron van die inhoud erken;
2.4.3 ’n korrekte en werkbare hiperskakel na die bron van
die inhoud of artikel op Sake24 se webtuiste bied;
2.4.4 aan skrywers, joernaliste, fotograwe en
derdeparty-agentskappe erkenning gee, soos wat hulle op die Sake24-webtuiste
erken word; en
2.4.5 die datum by die opsomming van die inhoud insluit
waarop die inhoud van die Sake24-webtuiste verkry is.
2.5 Jy mag net klein en redelike hoeveelhede inhoud
aanhaal wat op die Sake24-webtuiste beskikbaar is as die aanhalings tussen
aanhalingstekens geplaas word, die skrywer erken word en ’n hiperskakel na die
aangehaalde inhoud as ’n voetnoot by die aanhalings gebied word.
2.6 Niemand mag die Sake24-webtuiste sonder die geskrewe
vooraftoestemming van Sake24 omraam nie.
2.7 Afgesien van bona fide-operateurs van soekenjins en
jou gebruik van die soekgerief wat op die Sake24-webtuiste verskaf word, mag
niemand enige tegnologie of toepassings (waaronder webkruipers en
webspinnekoppe) sonder ons geskrewe vooraftoestemming gebruik om inhoud van die
Sake24-webtuiste vir enige doeleindes te deursoek of te kopieer nie.
3 Wat gebeur as ’n gebruiker die webtuiste misbruik?
3.1 As enigiemand die inhoud van die Sake24-webtuiste op
’n manier gebruik wat die bepalings oortree wat hierin uiteengesit word:
3.1.1 behou ons die reg voor om skadevergoeding van die
persoon te eis; en
3.1.2 sal ons op hoegenaamd geen manier aanspreeklik wees
vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid wat uit die gebruik van die inhoud
deur só ’n persoon of enige derde party spruit nie.
3.2 Naas enige bepaalde uitsluitings van aanspreeklikheid
wat hierin vervat is en tensy hierin uitdruklik anders gemeld word, bevestig
die partye dat Media24 nie vir enige verlies of skade, regstreeks of
onregstreeks, spesiaal, voortspruitend of andersins aanspreeklik sal wees wat
jy of jou agente of aangewesenes ly wat om hoegenaamd enige rede ontstaan nie,
waaronder growwe nalatigheid en doelbewuste of bedrieglike wangedrag, ongeag of
dit die gevolg van die oortreding van dié bepalings en voorwaardes deur Media24
of enige optrede of nalatigheid aan die kant van Media24 of sy werknemers is,
en ongeag of dit regstreeks of onregstreeks deur die dienste of die gebruik
daarvan veroorsaak is, en jy vrywaar Media24 van enige sodanige
aanspreeklikheid.
3.3 Enigiemand wat enige van die oortredings begaan wat
in artikels 85 tot 88 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies
(EKT) uiteengesit word, sal, ongeag strafregtelike vervolging, aanspreeklik
wees vir alle aanspreeklikheid, verlies of skade wat Sake24 ly en/of te beurt
val.
4 Wie besit die intellektuele eiendom van die webtuiste?
4.1 Jy besit die kopiereg op die inligting wat jy plaas.
Let egter asseblief daarop dat wanneer jy inhoud op Sake24 se webtuiste plaas,
jy Sake24 en al sy relevante vennote ’n onbeperkte en tantièmevrye lisensie gee
om die plasing te herpubliseer of as deel van ’n geredigeerde samestelling of
andersins te verkoop.
4.2 Alle intellektuele eiendom op die Sake24-webtuiste,
ingesluit, maar nie beperk tot nie, inhoud, ontwerpelemente, programmatuur,
databasisse, teks, grafika, ikone en hiperskakels is die eiendom van of aan
Sake24 gelisensieer en word as sodanig deur plaaslike en internasionale
wetgewing en verdrae teen oortredings beskerm. Onderworpe aan die regte wat aan
jou gelisensieer word soos in punt 2 uiteengesit, word alle regte op
intellektuele eindom op die Sake24-webtuiste uitdruklik voorbehou.
4.3 “Sake24” is ’n geregistreerde handelsmerk en jy stem
in om nie die Sake24-handelsmerk of die “24”-merk as ’n element of ’n
domeinnaam of ’n subdomeinnaam te gebruik nie, ongeag die feit dat die gebruik
van só ’n domeinnaam of registrasie dalk ingevolge handelsmerk- en/of
konstitusionele wetgewing toegelaat word. Wanneer jy versoek word om dit te
doen, sal jy onmiddellik ophou om só ’n domeinnaam te gebruik en dit op jou eie
koste aan Media24 Beperk oordra.
5 Wie mag dié bepalings en voorwaardes verander?
5.1 Ons hou uitdruklik die reg voor om die volgende enige
tyd en sonder voorafkennisgewing aan jou geheel en al na ons eie diskresie te
doen:
5.1.1 dié bepalings en voorwaardes te verander; of
5.1.2 die inhoud en/of dienste beskikbaar op die Sake24-webtuiste
te verander; of
5.1.3 enige aspek van die Sake24-webtuiste of -diens(te)
beskikbaar op die Sake24-webtuiste te staak; en/of
5.1.4 die programmatuur- en apparatuurvereistes te
verander wat nodig is om toegang tot die Sake24-webtuiste te verkry en dit te
gebruik.
6 Hiperskakels na derdeparty-tuistes
6.1 Ons kan hiperskakels na webtuistes bied wat nie deur
ons beheer word nie en sulke skakels impliseer glad nie dat die inhoud van
sulke teikentuistes aanbeveel, daarmee saamgestem of dit ondersteun word nie.
6.2 Ons het nie redaksionele beheer oor die inhoud van
sulke teikentuistes nie en sal hoegenaamd glad nie om watter rede ook al
aanspreeklik wees vir die toegang tot, onvermoë om toegang te verkry of inhoud
wat op of deur sulke teikentuistes beskikbaar is nie.
7 Hoe veilig is ’n gebruiker op dié webtuiste?
7.1 Ons sal redelike stappe doen om die inligting wat jy
verskaf en wat van jou verkry word, teen ongemagtigde toegang en/of
bekendmaking te beskerm. Ons bied egter geen waarborg of voorstelling dat die
inhoud veilig sal wees nie.
7.2 Ons is onder geen wetlike verpligting om enige inhoud
of kommunikasie van en na die Sake24-webtuiste te enkripteer of om digitale
geldigheidsvasstelling van enige bladsy op die Sake24-webtuiste te bied nie.
7.3 Jy mag geen skadelike kode, soos rekenaarvirusse, aan
die Sake24-webtuiste of die bediener of die rekenaarnetwerk wat die Sake24-webtuiste
ondersteun, stuur of probeer stuur nie, ongeag of dit op doelbewuste of
nalatige wyse geskied.
7.4 Waar enigeen kodes aan die Sake24-webtuiste stuur wat
skade veroorsaak, hoe dit ook al gebeur, vrywaar jy Sake24 hiermee en stel Sake24
vry van alle aanspreeklikheid, skade en verliese wat weens sulke skadelike
kodes gely word.
8 Verwydering en korrigering van inhoud
8.1 Jy word aangemoedig om inhoud wat op die Sake24-webtuiste
beskikbaar is wat onwaar, onjuis, lasterlik, onwettig, skendend en/of skadelik
is, aan ons bekend te maak, en ons onderneem om sulke inhoud of enige deel
daarvan reg te stel en/of te verwyder as jy aan ons redelike gronde bied om die
beweerde aard van die inhoud te bewys.
8.2 As sulke inhoud op ’n derdeparty-tuiste is waarheen
ons ’n hiperskakel bied, onderneem ons om redelik te probeer om só ’n
hiperskakel te verwyder.
9 Hoe sal ’n gebruiker dispute met die eienaar van die
webtuiste oplos?
9.1 Die Sake24-webtuiste word in die Republiek van
Suid-Afrika gehou, beheer en bedryf. Om dié rede sal die Suid-Afrikaanse
wetgewing wat deur die Suid-Afrikaanse howe gehandhaaf word, die gebruik van of
onvermoë om die Sake24-webtuiste, sy inhoud of dienste te gebruik, en dié
bepalings en voorwaardes beheer.
9.2 Alternatiewe dispuutoplossing: Onderworpe aan die reg
om ’n hof of bevoegde owerheid om dringende en/of tussentydse verligting te
nader, sal alle dispute ten opsigte van:
9.2.1.1 toegang tot die Sake24-webtuiste;
9.2.1.2 die onvermoë om toegang tot die Sake24-webtuiste
te verkry;
9.2.1.3 die dienste en inhoud beskikbaar op die Sake24-webtuiste;
of
9.2.1.4 dié bepalings en voorwaardes vir arbitrasie
ingevolge die reëls van die Arbitration Foundation of South Africa vir ’n
versnelde proses verwys word en sodanige arbitrasieproses sal in Engels in
Kaapstad geskied. Die arbitrasie-uitspraak sal finaal wees en die onsuksesvolle
party sal die suksesvolle party se koste volgens ’n skaal tussen ’n prokureur
en ’n eie kliënt betaal. Die reëls van die Arbitration Foundation of South
Africa kan van die volgende webtuiste afgelaai word:
http://www.arbitration.co.za.
9.3 Die taal wat tydens die dispuutoplossingsproses
gebruik sal word, sal Engels wees.
9.4 As ons in gebreke bly om enige reg of bepaling uit te
oefen of af te dwing wat in dié bepalings en voorwaardes gevind word, sal dit
hoegenaamd nie ’n afstanddoening van só ’n reg of bepaling beteken nie.
10 Onderskepping en kontrolering van kommunikasie
10.1 Onderworpe aan die bepalings van die Wet op die
Regulering van die Onderskepping van Kommunikasie (ROK), Wet 70 van 2002, stem
jy in om ons die reg te gee om alle kommunikasie wat jy of jou personeellede en
werknemers na die Sake24-webtuiste stuur of daarop plaas, te onderskep, te
versper, te sif, te lees, uit te wis, bekend te maak en te gebruik. Die ROK-wet
kan van http://www.polity.org.za/pdf/RegOfInterOfCommAct70.pdf afgelaai word.
11 Volledige ooreenkoms en skeibaarheid
11.1 Dié bepalings en voorwaardes verteenwoordig die
volledige ooreenkoms tussen ons en jou en sal voorkeur bo enige
skadeloosstellings en/of regskennisgewings kry wat aan enige kommunikasie en/of
plasings geheg is wat ons van jou ontvang.
11.2 As ons in gebreke bly om enige reg of bepalings uit
te oefen of op te dwing, sal dit hoegenaamd nie die afstanddoening van só ’n
reg of bepaling beteken nie.
11.3 Ingeval enige bepaling of voorwaarde wat hierin
uiteengesit word, om enige rede onopdwingbaar of ongeldig blyk te wees, sal
sodanige bepalings(s) en voorwaarde(s) van die res van die bepalings en voorwaardes
afgeskei word. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal afdwingbaar en
toepaslik bly.
12 Skadeloosstelling en aanspreeklikheidsbeperking
12.1 Onderworpe aan die bepalings van artikel 43(5) en
43(6) van die EKT-wet, indien toepaslik en sover dit deur wetgewing toegelaat
word, sal Media 24 Bpk., wat deur ons afdeling Sake24 optree (ingesluit ons
werknemers, verskaffers, netwerkoperateurs, vennote, verbonde entiteite en
agente), nie teenoor jou aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid
van hoegenaamd enige aard wat jy ly nie, waaronder verlies of skade wat spruit
uit:
12.1.1.1 toegang tot die Sake24-webtuiste;
12.1.1.2 toegang tot webtuistes wat aan die Sake24-webtuiste
gekoppel is;
12.1.1.3 onvermoë om toegang te verkry tot webtuistes wat
aan die Sake24-webtuiste gekoppel is;
12.1.1.4 inhoud wat op die Sake24-webtuiste beskikbaar
is; en
12.1.1.5 dienste wat op die Sake24-webtuiste beskikbaar
is.
12.2 Die Sake24-webtuiste word op ’n “voetstootse”
grondslag aan jou gebied en is nie saamgestel om aan jou individuele vereistes
te voldoen nie. Dis jou verantwoordelikheid om jouself tevrede te stel dat die
inhoud en dienste wat op en deur die Sake24-webtuiste beskikbaar is, aan jou
individuele vereistes voldoen en met jou rekenaarapparatuur en/of
-programmatuur versoenbaar is.
12.3 Inligting, idees en opinies wat op die Sake24-webtuiste
uitgespreek word, moenie as persoonlike advies of as ons amptelike opinie
beskou word nie, en jy word aangemoedig om professionele advies te verkry
voordat jy op enige wyse optree wat met die inligting, idees of opinies verband
hou wat op die Sake24-webtuiste uitgespreek word.
12.4 Dié webtuiste is hoofsaaklik op mense in die
Republiek van Suid-Afrika gerig en ons sal daarom, in die mate wat Suid-Afrikaanse
wetgewing dit toelaat, nie aanspreeklik wees vir naamskending, beswaddering,
belastering, privaatheidskending, persoonlikheidskending of kopieregskending
van hoegenaamd enige aard buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika
nie.
12.5 Ons verkry inhoud van verskeie derde partye,
byvoorbeeld koerante, nuusagentskappe, markbronne en vryskutjoernaliste, en
oefen nie redaksionele beheer oor die inhoud uit wat sulke derde partye verskaf
nie en ons dien slegs as ’n elektroniese verspreidingsplatform vir sodanige
derdeparty-inhoud. Ons sal daarom op hoegenaamd geen manier aanspreeklik wees
vir naamskending, privaatheidskending, persoonlikheidskending of
kopieregskending wat verband hou met inhoud op die Sake24-webtuiste wat nie
deur ons of ons werknemers geskep is nie.
12.6 Ons bied geen waarborg of voorstelling dat inhoud en
dienste beskikbaar op die Sake24-webtuiste in alle gevalle waar, korrek of
foutvry is nie. Ons sal egter alle redelike stappe doen om die gehalte en
juistheid te verseker van inhoud wat op die Sake24-webtuiste beskikbaar is.
12.7 Ons bied geen waarborg of voorstelling dat die Sake24-webtuiste
te alle tye beskibaar sal wees nie. Jy erken dat die Sake24-webtuiste vanweë
bywerkings of om ander redes buite ons beheer, waaronder, maar nie beperk tot
nie, virusbesmetting, kragonderbreking of natuurrampe, onbeskikbaar kan wees.
12.8 Hiperskakels na die Sake24-webtuiste van enige ander
bron sal na die tuisblad van die Sake24-webtuiste verwys. Ons sal op hoegenaamd
geen manier aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid wat
uit die gebruik van die inhoud van die Sake24-webtuiste spruit as toegang tot
sodanige inhoud deur ’n hiperskakel verkry is wat nie na die tuisblad van die
Sake24-webtuiste verwys nie. Persone wat aan inhoud naas die tuisblad van die
Sake24-webtuiste wil koppel, doen dit op hul eie risiko en onderneem om ons van
enige verlies, aanspreeklikheid of skade te vrywaar wat uit inhoud op die Sake24-webtuiste
kan spruit as toegang tot sodanige inhoud verkry is deur ’n hiperskakel wat nie
na die tuisblad van die Sake24-webtuiste verwys nie.
12.9 Waar inligting uit prys- of prestasiedata bestaan,
is die data wat daarin bevat word, van onder meer McGregor BFA,
maatskappyverslae, finansiële verslae, tydskrifte en ander bronne verkry wat
gemeen is betroubaar is, en hoewel dit versigtig geverifieer word, waarborg ons
geen databerekeninge wat ons in dié verband gee nie en sal dit moontlik nie
volledig wees nie.
12.10 Die inligting wat op hierdie webtuiste gehou word,
is nie rekeningkundige, regs-, finansiële, beleggingskonsultasie- of ander
professionele advies nie en voordat jy op grond van sodanige inligting optree,
behoort jy professionele spesialisadvies in dié verband te bekom.
12.11 Jy dra al die risiko wat spruit uit die gebruik of
gevolge vanweë die gebruik van enige inligting en is alleen daarvoor
verantwoordelik om die integriteit van enige inligting na te gaan wat van die
webtuiste verkry word.
12.12 Ons bied in baie gevalle dienste van derde partye of
ons bied ons dienste in samewerking met dié van derde partye aan.
12.12.1 In sulke gevalle is die volgende voorwaardes van
toepassing:
12.12.1.1 ons bied sulke dienste aan onderworpe aan die
bepalings, voorwaardes en beperkings wat dié derde partye hef;
12.12.1.2 as dié derde partye sodanige dienste verander,
opskort of afskaf, kan ons ook die lewering van die diens aan die gebruiker
sonder kennisgewing verander, opskort of afskaf. Ons kan nogtans probeer om
sodanige diens op ’n ander manier te bied of deur ’n ander derde party te
gebruik;
12.12.1.3 jy magtig ons om enige van jou persoonlike
inligting aan daardie derde partye te gee in die mate waarin dit nodig mag wees
om die derde partye en ons in staat te stel om die dienste aan jou te lewer; en
12.12.1.4 ingeval konflik tussen die derde party se
bepalings en voorwaardes en ons bepalings en voorwaardes voorkom, sal ons
bepalings en voorwaardes geld.
12.12.2 As jy goedere, programmatuur of enige ander
dienste deur enige van ons dienste van ’n derde party verkry, verstaan jy en
stem jy in dat:
12.12.2.1 ons nie ’n belangeparty in die kontrak tussen
jou en die derde party is nie;
12.12.2.2 ons onder geen verpligting is om die
derdeparty-diens te monitor wat jy gebruik nie;
12.12.2.3 die derde party vir alle verpligtinge ingevolge
die kontrak verantwoordelik sal wees, waaronder (sonder beperking) waarborge en
magtigings;
12.12.2.4 jy die produk, programmatuur of diens en die
toepaslike bepalings en voorwaardes sal nagaan voordat jy die produk, programmatuur
of diens verkry; en
12.12.2.5 jy vrywaar ons teen enige moontlike skade wat
uit jou verkryging en gebruik van die goedere, programmatuur of diens spruit.
12.12.3 Ons behou ook die reg voor om enige
derdeparty-diens wat jy in samewerking met ons diens gebruik, te verwerp of te
weier.
13 Privaatheid
13.1 Ons, Media24 Beperk, wat deur ons afdeling Sake24
optree, sal alle redelike stappe doen om jou persoonlike inligting te beskerm.
13.2 Persoonlike inligting beteken persoonlike inligting
soos in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, omskryf is.
13.3 Ons versamel, berg en gebruik persoonlike inligting
vir die volgende doeleindes:
13.3.1 om jou te groet wanneer jy toegang tot die Sake24-webtuiste
verkry;
13.3.2 om jou, onderworpe aan jou goedkeuring, van feite
in te lig wat met jou toegang en gebruik van die Sake24-webtuiste verband hou;
13.3.3 om jou, onderworpe aan jou goedkeuring, van ons
kompetisies en spesiale aanbiedings van ons en/of ons vennote of verbonde
entiteite in te lig;
13.3.4 om aan jou gerigte reklame te bied wanneer jy
toegang tot die Sake24-webtuiste of die webtuistes van vennote of verbonde
entiteite van Sake24 verkry; en
13.3.5 om niepersoonlik statistiese inligting oor
besoekgewoontes, kliekpatrone en toegang tot die Sake24-webtuiste saam te stel.
13.4 Die inligting wat hierbo uiteengesit is, word
elektronies versamel deur koekies te gebruik en word vrywillig deur jou verskaf
wanneer jy op die Sake24-webtuiste inteken. Jy kan die koekiegebruik onafhanklik
deur jou blaaierstellings bepaal.
13.5 Ons besit en behou alle regte op niepersoonlike
statistiese inligting wat ons versamel en saamstel.
14 Sekuriteit
14.1 Dis geheel en al jou eie verantwoordelik om jou
gebruikersnaam en wagwoord geheim te hou, en ons beveel aan dat jy dit op ’n
veilige plek hou en aan geen derde party bekend maak nie.
15 Plasings op die Sake24-webtuiste
15.1 Jy kan jou persoonlike opinies, boodskappe en idees
op die Sake24-webtuiste en gespreksforums plaas wat op die Sake24-webtuiste
beskikbaar is.
15.2 Jy onderneem om nie enige inhoud of materiaal op die
Sake24-webtuiste of die webtuistes van sy vennote te plaas, oor te dra of te
koppel wat
15.2.1 onwettig, lasterlik, inbreukmakend, teisterend,
onwelvoeglik, handelsreklame, persoonlike bemarking, skeltaal, onwaar, onjuis
of skadelik kan wees nie;
15.2.2 jy nie wetlik die reg het (soos kopiereg,
handelsgeheime of sekuriteite) om oor te dra of wat onderhewig aan ’n
kontraktuele of fidusiêre verhouding (soos in niebekendmakingsooreenkomste) is
nie.
15.2.3 seksueel eksplisiet is nie;
15.2.4 enige persoon of entiteit voorstel of jou
affiliasie met enige persoon of entiteit vals verklaar of andersins wanvoorstel
nie; en/of
15.2.5 doelbewus enige ander toepaslike wet of regulasie
oortree nie;
15.2.6 terwyl ons tuiste of ’n vennoot se tuiste besoek
en gebruik word, en ons behou die reg voor om sulke inhoud te verwyder.
15.3 Jy word nie toegelaat om persoonlike data van ander
gebruikers te versamel of te berg nie.
15.4 Ons beheer nie jou plasings redaksioneel nie en sal
op hoegenaamd geen manier vir sulke plasings aanspreeklik wees nie. Ons behou
egter die reg voor om heeltemal na ons eie diskresie enige skeltaal of enige
ander aanstootlike inhoud uit te sif.
15.5 Jou vrywaring stel ons skadeloos teen enige
aanspreeklikheid, eis, skade of verlies wat uit jou plasing(s) op die Sake24-webtuiste
kan spruit.
16 Ooreenkoms ingevolge artikel 21 van die ETK-wet
16.1 Jy stem in dat:
16.1.1 Jy deur dié bepalings en voorwaardes gebind sal
wees en dat sodanige ooreenkoms in Kaapstad gesluit sal word wanneer jy vir die
eerste keer toegang tot die Sake24-webtuiste verkry of dadelik nadat jy jou
instemming aangedui het soos tydens die “Teken my in”-proses vereis;
16.1.2 databoodskappe (soos in die EKT-wet omskryf) wat
jy aan ons adresseer, net as deur ons ontvang geag sal word as ons daarop
reageer;
16.1.3 databoodskappe (soos in die EKT-wet omskryf) wat
ons aan jou adresseer, geag sal word deur jou ontvang te wees wanneer jy in
staat is om toegang tot die kennisgewing te verkry;
16.1.4 databoodskappe (soos in die EKT-wet omskryf) wat
die gebruiker aan ons adresseer, geag sal word binne die geografiese grense van
Suid-Afrika deur jou geskep en gestuur te wees;
16.1.5 elektroniese handtekeninge, enkriptering en/of
magtiging nie vir geldige elektroniese kommunikasie tussen jou en ons vereis
word nie; en
16.1.6 en bevestig dat databoodskappe wat van ’n
rekenaar, IP-adres of mobiele toestel wat jy normaalweg gebruik of wat jy
besit, na ons gestuur word, persoonlik deur jou gestuur en/of gemagtig is.
17 Beëindiging
17.1 As jy ’n ooreenkoms vir ’n vaste termyn vir die
gebruik van ’n diens met ons aangaan, mag jy nie die ooreenkoms voor die einde
van die vaste termyn beëindig nie.
17.2 In alle ander gevalle mag jy dié ooreenkoms beëindig
deur jou bloot daarvan te weerhou om die diens te gebruik.
17.3 Die beëindiging van dié ooreenkoms sal nie enige van
ons regte beïnvloed wat:
17.3.1 voor die beëindiging onstaan nie; of
17.3.2 vanweë hul aard ná die beëindiging voortbestaan
nie.
17.4 Ons behou die reg voor om jou inskrywing te staak of
op te skort as jou rekening onaktief word. Ons sal jou van sodanige beplande
optrede in kennis stel by die e-posadres wat met jou gebruikersidentiteit
verbind word. As ons jou rekening op dié grondslag beëindig, kan die
gebruikersnaam wat met jou rekening verbind word, aan ’n ander intekenaar gegee
word.
17.5 Ons behou die reg voor om die verskaffing van die
Sake24-webtuiste heeltemal na ons eie en absolute diskresie en sonder
voorafkennisgewing te beëindig en/of jou toegangsreg te beëindig, byvoorbeeld
en sonder beperking as:
17.5.1 ons jou optrede of gebrek aan optrede as ’n
skending van hierdie bepalings en voorwaardes beskou;
17.5.2 ons jou optrede of gebrek aan optrede beskou as
die misbruik van dienste wat deur hierdie webtuiste gebied word; of
17.5.3 gebeure buite ons redelike beheer, waaronder
tegniese gebreke, die voortgesette verskaffing van die Sake24-webtuiste
verhinder.
18 Verbruikersbeskerming
18.1 Die aard van die dienste wat aan jou gelewer word,
word in die vorm van inligting gebied en is nie produkgegrond nie, en jy sal
geen reg hê om enige diens terug te gee wat van die Sake24-webtuiste gekoop is
nie.
18.2 Jy kan klagtes ten opsigte van die Sake24-webtuiste
by ons, Media24 Bpk., die Advertising Standards Authority of die Consumer
Affairs Committee indien.
19 Diensgeld en betaling ten opsigte van intekendienste
19.1 Let asseblief daarop dat om op sekere dienste in te
teken of om sekere goedere of dienste by ons te koop, daar van jou vereis word
om afsonderlike ooreenkomste met ons op ’n gebeurtenisgrondslag aan te gaan.
Die bepalings en voorwaardes van sodanige ooreenkomste sal aan jou oorgedra
word voordat jy die transaksie aangaan.
19.2 Deur op ’n diens in te teken of te gebruik waarvoor
’n tarief gehef word:
19.2.1 stem jy in om die betrokke diensgeld te betaal
wanneer dit betaalbaar is, op die aangewese manier, ongeag of jy die diens
gebruik of nie. In die algemeen sal herhalende diensgeld maandeliks op die
eerste dag van elke maand per debietorder vooruitbetaalbaar wees; en
19.2.2 magtig jy ons om enige tyd wat ons meen gepas is,
jou kredietgeskiedenis na te gaan en jou persoonlike inligting (soos in ons
Privaatheidsbeleid omskryf) vir dié doeleinides aan ’n kredietburo te verskaf.
19.3 Alle diensgeld is vooruitbetaalbaar en nie
terugbetaalbaar nie.
19.4 Jy sal die maandelikse tarief met ’n debietorder,
sonder wisselkoers- en bankgelde, betaal. In só ’n geval stem jy in om ’n
debietordermagtiging ten gunste van ons te onderteken, asook enige ander
dokumente wat nodig is om sodanige debietorder in te stel.
19.5 Jy magtig ons hiermee om jou bankier, soos jy dit op
die registrasievorm aantoon, opdrag te gee om periodiek alle bedrae wat ingevolge
hierdie ooreenkoms deur jou aan ons verskuldig en betaalbaar is, van jou
bankrekening af te trek. Alternatiewelik sal kredietkaartbetalings aanvaar
word.
19.6 Die magtiging sal op enige bank van toepassing wees
waar jy in die toekoms ’n bankrekening kan hê.
19.7 Behalwe waar ons ons reg opsê om betalings per
debietorder te ontvang, sal jy nie die debietordermagtiging opsê sonder om dit
deur ’n nuwe debietordermagtiging te vervang nie, en dan net as skriftelike
kennisgewing dat jy beplan om die debietordermagtiging terug te trek en deur ’n
nuwe een te vervang, nie minder nie as 20 dae vooraf gegee is.
19.8 As jy nie ’n debietorder- of enige ander bedrag om
watter rede ook al betaal wanneer dit verskuldig is nie, mag ons:
19.8.1 jou inskrywing op of gebruik van ’n diens opskort;
19.8.2 jou toegang tot die dienste beëindig en enige
bedrae aan ons verskuldig eis.
19.9 Jy sal nie die betaling van enige bedrag wat aan ons
verskuldig is, weens enige beweerde skending van hierdie bepalings deur ons of
om enige ander rede weerhou nie, en ook nie enige verrekening doen ten opsigte
van enige bedrag wat aan ons verskuldig is nie.
19.10 Indien die wet dit vereis, mag ons betaling van jou
ontvang en eis ten opsigte van enige belasting op toegevoegde waarde of enige
ander soortgelyke belasting of heffing wat op die lewering van die dienste
gehef word.
19.11 Tensy anders gemeld, sluit alle diensgeld Belasting
op Toegevoegde Waarde uit.
19.12 Ons mag bykomende diensgeld vir herverbinding hef
as jy ons versoek om enige diens te herstel wat beëindig is, ongeag of dit op
ons of jou aandrang gedoen is.
19.13 Ons is daarop geregtig om die diensgeld van tyd tot
tyd te wysig.
---
Bykomende bepalings
Nieprofessionele gebruik
Jy bevestig hiermee dat die gebruik van die Sake24-webtuiste
en sy inhoud vir nieprofessionele doeleindes is. Enige individu wat nie aan al
die kriteria van ’n nieprofessionele of private gebruiker wat hieronder
uiteengesit word, voldoen en voortgaan om daaraan te voldoen nie, sal as ’n
professionele gebruiker beskou word. ’n Private gebruiker is ’n gebruiker wat:
1) een van die volgende is:
a) ’n natuurlike persoon;
b) ’n maatskappy of beslote korporasie wat ingevolge die
wette van die Republiek van Suid-Afrika ingelyf en geregistreer is en waarvan
die aandeelhouers of lede die natuurlike persoon is waarna in a) hierbo verwys
word en/of sodanige natuurlike persoon se onmiddellike familielede (dit is
ouers, grootouers, kinders, kleinkinders en eggenoot van die natuurlike persoon
waarna in a) hierbo verwys word) en waarvan die bestuur en daaglike
bedrywighede onder die beheer van sodanige natuurlike persoon en/of die
natuurlike persoon se onmiddellike familielede is; of
c) ’n trust wat by die meester van die hooggeregshof van
enige afdeling van die hooggeregshof van Suid-Afrika geregistreer is waarvan
die begunstigdes die natuurlike persoon waarna in a) hierbo verwys word en/of
die natuurlike persoon se onmiddellike familielede is; of
d) ’n oningelyfde entiteit wat op ’n nieprofessionele grondslag
as ’n beleggingsklub vir natuurlike en nie net regspersone nie (wat elk ’n
“kwalifiserende private gebruiker is”) bedryf word;
2) nie geregistreer is of van wie nie vereis word om te
registreer as of gekwalifiseer is of in enige hoedanigheid (regstreeks of
onregstreeks) optree as ’n sekuriteitshandelaar, beleggingsadviseur of
batebestuurder by enige binnelandse of buitelandse finansiële beurs,
regulatoriese owerheid, professionele vereniging of professionele liggaam wat
deur enige wet erken word nie;
3) nie die diens regstreeks of onregstreeks vir
hoegenaamd enige sake- of professionele doeleindes gebruik nie (dit wil sê, die
diens slegs gebruik vir die bestuur van die persoonlike geld van die natuurlike
persoon waarna in a) hierbo verwys word en/of van sy of haar onmiddellike
familielede en in omstandighede waarin die kwalifiserende private gebruiker nie
geld hef of ontvang nie); en
4) geen data van die diens aan enige derde party op
hoegenaamd enige manier versprei, publiseer of andersins verskaf of beskikbaar
stel nie.
---
Aanvullend
|
AP
Associate Press-kennisgewing. Associate Press (AP) teks, foto's, grafieke, audio en/of videomateriaal
sal nie direk of indirek gepubliseer word of herskryf
word vir uitsending, publikasie, of vir herverspreiding in enige medium
nie.
Geen AP materiale
of enige gedeelte daarvan mag in 'n rekenaar gestoor word behalwe vir persoonlike
en nie-kommersiële doeleindes.
Die Verbruiker stel AP vry van enige aanspreeklikheid vir vertragings, onakkuraathede, foute of weglatings
in die materiaal of in die versending
of aflewering van die geheel
of enige gedeelte daarvan of vir enige skade wat
uit voorgaande kan
voortspruit. Kopiereg
2005 Associate Press.
Reuters
Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie gepubliseer, uitgesaai, herskryf of herversprei word nie. Reuters
Limited-kennisgewing.
Kopiereg 2005 Reuters Limited. Alle regte voorbehou.
Reuters inhoud mag nie gestoor
word nie. Persoonlike, nie-kommersiële gebruik word spesifiek hierby uitgesluit.
Die her-publikasie
en her-verspreiding van Reuters inhoud
sonder voorafgaande geskrewe toestemming van Reuters word uitdruklik verbied.
Reuters sal nie aanspreeklik wees vir enige
foute, weglatings, onderbrekinge of vertragings in
die verbinding met die Reuters-inhoud
of vir enige skade wat daaruit
voortvloei nie.
|
The Dow Jones Indexes™ word deur Dow Jones & Company
Ing. saamgestel, bereken en versprei en is vir gebruik gelisensieer. Alle
inhoud van The Dow Jones Indexes™ © 2003 Dow Jones & Company Ing. – lees
die bepalings en voorwaardes.
Deutsche se algemene bepalings:
Inligting mag slegs vir die doeleindes van eie gebruik
gebruik word. Verder word die gebruik, berging, kopiëring, vertoning, wysiging
en/of oordrag van die inligting vir enige ander doeleindes of die gebruik van
die inligting vir sake- of private doeleindes sonder geskrewe vooraftoestemming
van Deutsche Börse AG verbied.
Deutsche Börse AG en die houers van derdeparty-regte
behou alle intellektuele-eiendomsregte op die inligting voor.
Deutsche Börse AG en die houers van derdeparty-regte
aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige eis, verlies of skade wat spruit uit
die vertoning van die inligting op die webtuiste of enige gebruik van die
inligting wat op die webtuiste vertoon word nie.